Twee Covid-sterfgevalle op Gobabis en Tsumeb aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het twee Covid-sterftes in die distrikte van Gobabis en Tsumeb aangemeld, asook 25 nuwe gevalle uit 1 019 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 2,5 persent verteenwoordig. In die groep is 11 leerders van verskillende skole. Daar is nou 2 523 aktiewe gevalle, waarvan 34 pasiënte in hospitale is en drie in hoësorgeenhede. Altesaam 373 935 persone is ten volle ingeënt.