Twee Britte vas vir spioenasie

Twee Britse mans moet Vrydag terugkeer na ‘n Londense hof nadat hulle van spioenasie vir China aangekla is. ‘n Parlementêre navorser, Christopher Cash, en Christopher Berry word beskuldig dat hulle inligting aan ‘n buitelandse staat verskaf het wat nuttig kan wees vir ‘n vyand. BBC News berig Cash was betrokke by die China Research Group wat toegang gehad het tot verskeie Konserwatiewe Parlementslede. Die twee mans is in Maart verlede jaar in hegtenis geneem en op borgtog vrygelaat terwyl die ondersoek teen hulle afgehandel is.