Ondersoek moet na Israel se intelligensiediens gelas word

Die Intelligensiehoof van die Israelse weermag vra na sy bedanking ‘n kommissie van ondersoek na die gebeure van 7 Oktober verlede jaar. Generaal-majoor Aharon Haliva erken sy intelligensiedirektoraat was nie opgewasse vir hulle taak nie. Dit volg na berigte dat eenhede vroue-dienspligtiges in waarnemingsbasisse op die grens met Gaza maande voor die tyd gewaarsku het teen ‘n aanval wat op hande is, maar ignoreer is. Talle van die vroue was onder die meer as ‘n duisend mense wat dood is toe Hamas die grens oorgesteek het.