Djokovic vat 5de Laureus-toekenning

Novak Djokovic van Serwië, Simone Biles van Amerika en Jude Bellingham van Engeland is van die sportlui wat toekennings in Madrid, Spanje, ontvang het. Djokovic, wat tennis se Grand Slam 24 maal gewen het, is vir ‘n rekordgetal vyfde keer as Sportman van die Jaar aangewys en die Spaanse sokkerspeler Aitana Bonmatí as Sportvrou van die Jaar. Biles het die toekenning ontvang vir Terugkerende Atleet van die Jaar. Bellingham, middelveldspeler vir Real Madrid, het die Deurbraak van die Jaar-toekenning ontvang en Spanje se vrouesokkerspan is die Wêreldspan van die Jaar.