Twaloloka-slagoffers kan binnekort intrek

Daar is nog net vier huise wat uit 121 voltooi moet word in die nuwe uitbreiding vir die inwoners van Twaloloka in Walvisbaai. Die nedersetting het op 17 Julie verlede jaar ‘n verwoestende brand ervaar en honderde huishoudings het alles verloor. Die minister van stedelike ontwikkeling Erastus Uutoni het die konstruksie projek besoek en sê hy is tevrede met die vordering.