Geen rede om ‘vryheidsdag’ uit te stel nie – Johnson

Die Britse eerste minister Boris Johnson het niks in die data gesien wat beteken dat die verslapping van die inperkingsmaatreëls op 21 Junie nie kan voortgaan nie – alhoewel hy gesê het dat daar ‘n bietjie langer moet gewag word vir ‘n besliste besluit. Die vierde en laaste fase van die eerste minister se padkaart vir die verslapping van die regulasies – genaamd vryheidsdag – sal binne minder as drie weke plaasvind. Dit is wanneer die regering alle wetlike perke vir sosiale kontak wil verwyder.