Gesondheid vra weermag se hulp

Die uitvoerende direkteur in die Namibiese ministerie van gesondheid het bevestig sy ministerie ‘n versoek aan die weermag gerig het om sy medici en fasiliteite beskikbaar te stel in die stryd teen Covid-19. Nangombe het aan media gesê die vraag na mediese fasiliteite is tans baie hoog en die weermag beskik oor kapasiteit om hulle by te staan. Daar is tans 286 pasiënte wat hospitaalbehandeling ontvang met 53 in hoësorg. Nangombe het ook bevestig dat die kwessie oor suurstoftekorte aangespreek word.