Swak Namibiese eksamenuitslae steeds wyd gekritiseer

Namibië se swak eksamenuitslae bly in die nuus. Die sekretaris-generaal van die Vakbondkongres van Namibië, Mahongora Kavihuha, het ‘n beroep op President Hage Geingob gedoen om volle aanspreeklikheid te aanvaar vir die hoë druipsyfer van leerders in die eksamenuitslae. Kavihuha sê die President moet nou optree en mense met beter leierskapsvaardighede aanstel om die onderwysministerie te lei om jaar na jaar se hoë druipsyfer van leerders te vermy. Kavihuha eis nie noodwendig dat onderwysminister Anna Nghipondoka moet bedank nie. Intussen blameer die Swapo Party-jeugliga “salaris-invorderaars” in die onderwysministerie vir die swak prestasie van leerders in die eksamenuitslae.