Tutungeni-gemeenskap op Rosh Pinah hou vreedsame betoging

Lede van die Tutungeni-gemeenskap op Rosh Pinah het ‘n vreedsame betoging gehou oor beweerde onbillike arbeidspraktyke deur Namibia Construction. Woordvoerder Jimmy Boois het by die voorlees van hul petisie diskriminerende werwings-praktyke betreur. Hy het gesê die maatskappy het die persepsie geskep dat plaaslike inwoners voorkeur vir werksgeleenthede sal geniet, maar dit het nooit gebeur nie. Daar is ook glo mense wat valslik beweer dat hulle inwoners van Rosh Pinah is, op die werwingslys geplaas is.  Terrein-bestuurder Corne Eigelaar is versoek om die bewerings te ondersoek en nie later as 31 Augustus terugvoer aan die gemeenskap te gee nie.