Opposisiepartye stel vier regters voor vir Phala-Phala-ondersoek

Suid-Afrika se grootste opposisiepartye sê hulle sal die name van vier senior regters aan die parlement voorlê om ‘n ondersoek van stapel te stuur ná President Cyril Ramaphosa se rol in die toesmeer van die diefstal by sy Phala Phala-wildplaas. Die politieke partye, wat die EFF, UDM, ATM en COPE en die DA insluit sê ondersoeke ná die berugte inbraak op Ramaphosa se wildplaas sloer te lank. Fritz Platt, ons korrespondent in Kaapstad …