Indonesiese ambassade in Windhoek vier 77ste Onafhanklikheidsdag

Die Indonesiese ambassade in Namibië het vandag hul 77ste Onafhanklikheidsdag in Windhoek herdenk. Die vlaghysingseremonie is vandag by die ambassadeurswoning in die hoofstad gehou, waarna die ambassadeur, Wisnu Edi Pratignyo, die tradisionele Tumpeng, of te wel reuse-ryskoek gesny het. Indonesië en Namibië handhaaf uitstekende bilaterale betrekkinge. Die ambassadeur het ook aan die Namibiese arbeidsminister, Utoni Nujoma, bevestig dat Indonesië ‘n Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling het waarby Namibiërs met vaardighede-opleiding kan baat.