TUT stel departement vir kunsmatige intelligensie bekend

Die Departement van Kommunikasie en Digitale Tegnologie gaan in samewerking met die Tshwane Universiteit van Tegnologie en die Universiteit van Johannesburg vandag amptelik TUT se Sentrum van die Instituut vir Kunsmatige Intelligensie bekendstel. Die sentrum sal op die ontwikkeling van tegnologieë fokus wat klein, medium en mikro-ondernemings, plaaslike gemeenskappe en nywerhede kan ondersteun. Die vise-kanselier van TUT, Tinyiko Maluleke, sê dit het tyd geword dat Suid-Afrika deel word van die digitale rewolusie wat wêreldwyd versprei.