Fondse gemobiliseer vir mobiele kieser-registrasie

Peter Katjavivi, die speaker van die Nasionale Vergadering het tydens die motivering van die begrotingstoekenning van die nasionale raad gesê dat die Verkiesingskommissie van Namibië ‘n hersiening van sy bestuurstelsels onderneem het om die huidige geïntegreerde mobiele kieser-registrasiestelsel van stapel te stuur. Katjavivi sê dit handel oor registrasies vir volgende jaar se verkiesing.