Franse betogings: Charles stel Sondag-besoek uit

’n Beplande besoek aan Frankryk van Sondag deur koning Charles III onderneem sou word, is uitgestel weens voortdurende betogings oor pensioenhervorming. Die Franse presidensie het die aangekondiging gemaak en sê die besluit is geneem deur die Franse en Britse regerings ná ’n telefoongesprek tussen die president en die koning vanoggend. Die besoek sal so gou moontlik herskeduleer word. Buckingham-paleis het ook ‘n verklaring uitgereik. Die koningin-gemaal Camilla sou Charles vergesel op die besoek.