Turkye: Nog ‘n aardbewing eis 3, dood meer as 200February 21, 2023
Drie mense is dood en 213 beseer toe ‘n aardbewing van 6,4 en nog een van 5,8 Turkye se suidelike Hatay-provinsie getref het. Die skuddings is ook in Sirië gevoel waar meer as 500 mense volgens berigte in die noordweste beseer is. Dieselfde gebied is op die sesde van die maand deur ‘n aardbewing van 7,8 geskud wat amper 47 000 lewens in dié twee lande geëis het. Turkse owerhede sê hulle het sedert die aardbewing vroeër die maand meer as 6 000 naskokke aangeteken terwyl sowat 32 in Sirië voorgekom het.