Turkse vragroete is goeie ding

Die Namibiese Lughawens Maatskappy het sy tevredenheid uitgespreek met die weeklikse vlugte van die Turkse lugredery na die land. Die Johannesburg-Windhoek-Instanbul vragroete is ingevolge ‘n ooreenkoms tussen die regerings van Namibië en Turkye. Volgens Dan Kamati van die lughawens maatskappy verloop dinge op die oomblik goed.