Kunene se droogte wek groot kommer

Die Namibiese weerdiens het sy seisoenale verslag bekend gemaak. Die diens het sy kommer uitgespreek oor toestande in die Kunene-streek wat hy as uiters droog bestempel. Die gebied het reeds jare lank droogte toestande met baie min weiding en vog in die grond. Die Omusati-streek het ook laer reënval gehad maar nie so min soos in die Kunene nie. Verder sê die diens lyk vooruitsigte vir veeboere baie goed met goeie weiding in groot dele van die land en goeie vogvlakke in die grond. Die diens sê ook dat sommige areas in die land tot drie keer hulle normale reënval ontvang het.