Duisende in brandskade vir boere in die Kaap

Die vervanging van honderde kilometer omheining is maar ‘n gedeelte van die koste wat boere in die Suid-Kaap moet aangaan om weer aan die gang te kom na weghol-veldbrande. Daar is nou ‘n omgewings-vriendelike oplossing in die vorm van brandbestande heiningpale. Cobus Meiring van die Suid-Kaapse Grondeienaars-vereniging sê die vernuwende idee is gebore tydens ‘n ramp in 2017.