Turkse-operasie konfiskeer 4 122 oudhede

Turkse owerhede het 76 verdagtes in hegtenis geneem en beslag gelê op 4 122 oudhede in ‘n grootskaalse operasie, ‘Anatolia’. Volgens Turkse media is klopjagte uitgevoer by 108 adresse in 30 provinsies regoor die land. Verdere klopjagte is ook in Serwië, Kroasië en Bulgarye uitgevoer. Anatolia is geloods nadat aanklaers in Turkye bepaal het dat georganiseerde misdaad betrokke was by die diefstal van talle oudhede wat bestem was vir veilings in die VSA en Europa.