Bokspan vir Saterdag word vandag bekend gemaak

Die Springbokspan wat Saterdag in Gqeberha teen Argentinië speel in hul eerste wedstryd van die Rugby-kampioenskap, word vandag aangekondig. Na verwagting sal verskeie uitgeruste spelers ingesluit word na die fisiek-uitputtende reeks teen die Britse en Ierse Leeus. Die hulp-afrigter van die Springbokke, Deon Davids, sê hulle wil die rotasie van spelers hierdie week oorweeg en dan voortgaan met spelers gegrond op die gehalte van hul spel, of meer diepte in die groep kry. Nieu-Seeland en Australië speel Saterdag in Auckland weer teen mekaar. Die All Blacks het die afgelope naweek die Wallabies op dieselfde veld 33-25 verslaan.