Franse beleggers betreur vertragings van SA-visums

Franse handelaars in Suid-Afrika het hul teleurstelling uitgespreek oor die vertragings met die goedkeuring van visums vir top Franse beleggers in die land. Tydens die beleggingskonferensie vroeër vanjaar, het Franse ondernemings hulle daartoe verbind om 50 miljard Suid-Afrikaanse rand in die land te belê, maar baie beleggers sukkel nou om hul visums goedgekeur te kry. Die voorsitter van die Franse Handelsraadgewers, Jean Claude Lasserre, sê daar is ‘n vertraging met die aanstelling van mense met spesialisvaardighede. Lasserre sê as die proses nie reggestel word nie, kan belegging in Suid-Afrika vertraag of gekanselleer word: