Tuisbrouers kla oor Sharia-wette

Tuisgemaakte bier en gestookte jenewer onderhou talle families in die Kano-distrik in die noordelike gebied van Nigerië, al is dit ‘n gevaarlike beroep. Die gebied word deur ‘n godsdienstige polisiemag, die Hisbah gepatroller. Hisbah is verantwoordelik vir die toepassing van Sharia-wetgewing wat in plek is in 12 van die land se noordelike state. Een spesifieke brousel, burukutu, vorm deel van die inwoners se kultuur en word reeds jare gebrou van sorghum. Hisbah-lede lê gereeld beslag op hulle goedere wat gelei het tot ‘n formele aansoek by die regering om Hisbah se magte in te perk.