Onteiening: ANC en EFF stem nie ooreen nie

Reaksie word ontvang op berigte dat die ANC en EFF nie saamstem oor Artikel 25 van die Grondwet oor onteiening sonder vergoeding nie. Die ANC se doelwit om Artikel 25 van die Grondwet te wysig sodat grondonteiening sonder vergoeding moontlik gemaak kan word, is moontlik deur die EFF in die wiele gery oor ‘n meningsverskil oor wie uiteindelik bates in opdrag sou besit. Dr. Pieter Groenewald, leier van die Vryheidsfront Plus, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.