Mensregte-kommissie ondersoek onluste

Die Suid-Afrikaanse Menseregte-kommissie het onderneem om ‘n ondersoek na verlede maand se onrus in KwaZulu-Natal en Gauteng van stapel te stuur. Die kommissie sê die tragiese lewensverlies, voorvalle van plundering, vernietiging van eiendom en die verlies van miljarde-rand vir die ekonomie, ondermyn landsburgers se vermoë om in vrede en harmonie, en sonder vrees te leef. Hy sê dit is nodig om die saak verder te ondersoek en stappe te doen om slagoffers regmatig te vergoed, asook om te voorkom dat só iets weer in die toekoms gebeur.