Eskom sê hy het konsep-omkeerplan om beurtkrag te beëindig

Eskom het bevestig hy het ‘n konsep-omkeerplan oor hoe hy beurtkrag gaan beëindig. Die voorsitter van Eskom se raad, Mpho Makwana, sê die kragreus se begeerte is om ‘n vinnige, korttermyn-oplossing vir die kragonderbrekings te vind. Makwana het gister die media ingelig en bevestig die plan is reeds beskikbaar en sal mettertyd gepubliseer word.