Tsimanouskaya nie na Pole nie, maar Wene

Krystina Tsimanouskaya, die naelloper van Belarus wat die afgelope paar dae die nuus gehaal het, is ter elfder uur op ‘n vlug na Wene, Oostenryk geplaas nadat sy eers Pole toe sou vlieg. Tsimanouskaya het hulp gesoek nadat sy owerhede in Belarus in Tokio gekritiseer het omdat hulle haar na bewering by ‘n wedloop waarvoor sy nie geoefen het nie, ingeskryf het. Sy het geweier en is opdrag gegee om onmiddellik na Belarus terug te keer. Pole het haar asiel gebied in sy ambassade in Tokio en het haar ‘n humanitêre visum gegee. Owerhede sê daar was kommer oor haar veiligheid veral nadat die Ryanair-vlug onlangs gedwing is om na Minsk in Belarus te herlei en daarom die vlug na Wene.