Covid kon nie uit laboratorium ontsnap nie – kenner

‘n Franse kenner in biosekuriteit wat ook betrokke was met die konstruksie van die vierde vlak – die bioveiligheidsvlak – van die Wuhan-laboratorium, sê daar is geen kans dat Covid uit die laboratorium ontsnap het nie. Gabriel Gras het aan internasionale nuusagentskappe gesê hy spekuleer nie en maak staat op feite. Die laboratorium voldoen volgens hom aan die hoogste internasionale standaarde vir bioveiligheid. Gras was in 2017 betrokke by ‘n Franse span wat deel gevorm het van ‘n ooreenkoms vir bioveiligheid en die voorkoming en beheer van nuwe aansteeklike siektes.