Ivoorkus kry sy eerste doktoraat in astrofisika

‘n Burger van die Ivoorkus, Yao Marc, het deur sy studies aan die Universiteit van die Wes-Kaap sy land se heel eerste astrofisikus geword. Marc sê hy met sy doktorsgraad aan die Kaapstadse universiteit begin kort nadat hy sy meestersgraad in sterrekunde voltooi het. Hy het toe deel geword van ‘n span wat interessante ontdekkings gemaak het deur die Suid-Afrikaanse reuse-radioteleskoop, MeerKAT. Marc sê hy wil sy ervaring terugploeg om Afrika-astrofisika te bevorder: