Tshwane verwerp Eskom se verhoging-aansoek

Die Stad Tshwane se veelpartykoalisieregering sê dis onregverdig dat Eskom ‘n buitensporige tariefverhoging eis terwyl hy nie eens krag kan waarborg nie. Die kragverskaffer het by die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika aansoek gedoen vir ‘n tariefverhoging van 32 persent in die 2023/2024-boekjaar. Tshwane se burgemeester, Randall Williams, sê die tariefverhoging sal ‘n verlammende uitwerking op inwoners en die stad se finansiële volhoubaarheid hê: