Bokke wil môre wen, Bokke moet môre wen

Die Springbok-slot, Lood de Jager, sê hulle is gretig om die Rugby-kampioenskap te wen in ‘n jaar waarin daar nie ‘n Wêreldbeker is nie. Die Bokke móét môre in Durban met die Argentyne afreken. Die Suid-Afrikaners het die toernooi laas in 2019 gewen en het soos Nieu-Seeland tans 14 ranglys-punte met die laaste wedstryd van die kampioenskap wat môre voorlê. De Jager sê môre se wedstryd is een waarvan hulle net kan droom, maar dis ook ‘n voorreg om daaraan deel te neem: