NLU waarsku oor slenter wat boere teiken

Die Namibiese Landou-unie sê boere word in ‘n nuwe slenter geteiken. Volgens die unie is daar ’n persoon wat homself as Ben Kamati voorstel, en boere in die noorde van die land kontak met slenters rondom hervestigingsplase. Hy doen homself voor as ’n werknemer van die regering wat boorgat tenders hanteer of wat probleme met hervestigingsplase moet ondersoek. Die unie sê die regering het bevestig dat daar geen sulke aksies onderneem word nie. Kamati se oproepe werk so dat hy persone laat glo dat hy in hul belang optree word en dan word vooruitbetalings in ’n rekening geëis.