Tshwane se finansafdeling vorder steeds

Die burgemeester van Tshwane, Cilliers Brink, het Jacqui Uys as die nuwe burgemeesterskomiteelid vir finansies aangestel. Uys volg Peter Sutton op, wat volgende maand terugkeer na die private sektor. Brink prys Sutton vir die toewyding om die stad se finansies te stabiliseer, insluitende die daarstelling van ‘n nuwe bestuurspan en die aanstelling van finansiële hoof, Gareth Mnisi. Brink beklemtoon Uys se ryke ervaring as lid van die Artikel 79-Oorsigkomitee oor Finansies sedert 2016.