Tshwane se busse staan, diesel het nie gekom nie

Meer as die helfte van die Tshwane-busdiens se vloot is vanoggend buite aksie omdat die besending diesel wat Maandag verwag is, nie opgedaag het nie. Die busdiens is gedwing om al sy ritte weens die brandstoftekort te staak. Die woordvoerder van die stad, Selby Bokaba, sê die paar busse wat wel loop, het nog ‘n bietjie oorskot diesel in hul tenks gehad, maar die voorraad diesel sal binnekort uitgeput wees: