1,3t aartappels vir grootste aartappelkoek ooit

Die wêreldrekord vir die grootste rösti wat gaargemaak is, is in Switserland verbeter. Rösti is ‘n gewilde nasionale gereg wat van gerasperde aartappels gemaak word. Lede van die Switserse Boere-unie het voor die parlementsgebou in Bern die rösti van 13 vierkante meter, in die vorm van ‘n Switserse kruis, gaargemaak. Dit verbeter die vorige rekord van drie vierkante meter wat in 1994 in Thun in sentraal-Switserland opgestel is. Die reuse-rösti het bestaan uit 1,35 ton aartappels wat in 3 000 porsies verdeel kon word.