Ekonomiese omgewing dwing huurpryse af 

FNB Namibia waarsku dat Namibiese huishoudings gedwing kan word om hul lewenstyl af te skaal deur goedkoper akkommodasie-opsies te soek. Die ekonomiese druk het volgens die bank se jongste huurindeks ‘n wesenlike impak op die land se huurmark. Die bank sê agente en verhuurders moet bewus bly van die negatiewe uitwerking van die huidige makro-ekonomiese omgewing op huurders se vermoë om hul huur te betaal. Die bank se huurindeks het prysverlagings wat in die eenslaapkamer- en tweeslaapkamersegmente aangeteken is, bevestig. Huur in hierdie mark het met 7,7 persent gekrimp. Stygende rentekoerse, wat na verwagting die primakoers tot 10,25 teen die einde van die jaar sal opstoot, kan die mark dwing om eerder te huur as om te koop.