Tshwane kry dringende interdik teen munisipale vakbond

Tshwane se burgemeester, Randall Williams, het die metro se regspan opdrag gegee om ‘n dringende interdik te kry teen die munisipale vakbond, Samwu. Dit volg nadat lede dienste en dienslewering ontwrig het. Die stad se woordvoerder, Sipho Stuurman, sê dis teleurstellend dat daar steeds Samwu-lede is wat kies om die munisipaliteit se werk te ontwrig, al gee die metro aandag aan salarisverhogings.