Landbouministerie hou slypskole in Kavango-Oos

Die Namibiese landbouministerie hou vandag slypskole met die streeksleierskap van Kavango-Oos. Boere in die streek het verskeie uitdagings, soos swak paaie. Daar is ook die kwessie oor die veeartseny kordonheining. Damian Maghambayi, raadslid van die Mukwe-kiesafdeling en die voorsitter van die streeksraad van Kavango-Oos, sê namens die goewerneur, Bonifatius Wakudumo, wat hul uitdagings is.