ActionSA verloor stembriefsaak in Kieshof

ActionSA het sy stryd verloor om sy naam op die stembrief langs sy kenteken te kry toe die Kieshof teen die party beslis het. ActionSA se president, Herman Mashaba, sê hoewel die party teleurgesteld is, respekteer hy die beslissing. Nasionale woordvoerder Lerato Ngobeni sê hulle gaan nou fokus op die buitengewone maatreëls wat getref moet word om te verseker kiesers kan die party op die stembrief opspoor in volgende maand se verkiesing.