Tshwane het weer diesel vir busse

Die Stad Tshwane sê sy busdiens het vanoggend weer al sy bedrywighede hervat. Die stad moes Woensdag sy getal busse op paaie verminder weens ‘n tekort aan diesel by die metro se bus-depots. Dis die tweede keer vanjaar dat Tshwane-busse se diesel opraak. Die stad se woordvoerder, Lindela Mashigo, sê hulle is bewus dat dit ‘n negatiewe uitwerking op kliënte se pendelplanne het.