Tshwane het gewaagde herstelplan nodig: burgemeester

Die burgemeester van Tshwane, Cilliers Brink, sê die metro moet die stad se finansies bestendig kry deur ‘n gewaagde herstelplan te bedink en in te stel om op die kernfunksies van die munisipaliteit te fokus. Brink het die stad se huidige finansiële status en voortgesette werk uiteengesit om geldsake te red en bestendig te maak, sowel as om inkomste-invordering te verbeter. Die burgemeester sê die metro beplan om sy inkomste-invorderings-veldtog Tshwane Ya Tima te versterk.