Tweede kriekettoets teen Black Caps begin om middernag

Krieket: Plaaslike ondersteuners sal môre ‘n baie lang dag by die kantoor hê as hulle vanaand om middernag die begin wil sien van die tweede toets tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland, in Hamilton. Die onervare Proteas is in die eerste toets in Mount Maunganui totaal oorheers toe die Black Caps hulle met 281 lopies geklop het. Intussen sal die nuweling, William O’Rourke, na verwagting as vierde snelbouler in Nieu-Seeland se span ingesluit word, eerder as die Suid-Afrikaans-gebore Neil Wagner.