Sommige damme kry bietjie water, maar nie opgaardamme

Volgens NamWater se weeklikse dambulletin is daar net 21,5 persent waterbronne in die drie sentrale damme wat onder meer Windhoek voorsien oor. Von Bach is op 12,3 persent na water van Swakoppoort, wat op 42,4 persent staan, oorgedra is. Die Omatako het 1,1 persent water. In die Suide is Hardap op 15,7 persent met 1,7 miljoen kubieke meter wat in die afgelope sewe dae benut is vir die groenskema. Naute by Keetmanshoop is op 43,2 persent en die Oanobdam by Rehoboth het 44,9 persent water. Die Ooste se totale bronne is op 3,6 persent met die Otjiverodam op 5,1 persent. Die twee Viljoendamme by Gobabis is op 13,1 en 6,7 persent. Water word nog steeds in die Olushandjadam in die Noorde gepomp en op die oomblik is hy op 43,4 persent.