Tshwane gaan swaar straf vir onwettige verbindings

Die Stad Tshwane sal van nou af swaar boetes uitreik en strafregtelike klagtes aanhangig maak vir onwettige verbindings ná die verstryking van die amnestietydperk. ‘n Hoogs bekwame multi-dissiplinêre span vir inkomste-invordering is gestig vir hierdie doel. Die stad se woordvoerder, Lindela Mashigo, sê die amnestie-program, wat verlede maand tot ‘n einde gekom het, is geskep vir verbruikers wat oortredings ten opsigte van hul munisipale rekeninge gepleeg het. Mashigo doen ‘n beroep op verbruikers om onwettige bedrywighede aan te meld.