SA onder-ys swemmer wil haar rekord verbeter

Swem: Die Guinness Wêreldrekordhouer en onder-ys swemmer, Amber Fillary, gaan ‘n nuwe wêreldrekord aanpak. Die Suid-Afrikaner hou tans die wêreldrekord vir die langste swemtog van 90 meter onder ys op ‘n enkele asemteug binne ‘n tyd van twee minute 35 sekondes. Fillary sê sy hoop om in Maart volgende jaar ‘n minimum van 100-meter te swem.