Steve ‘Biko’ Booys se saak na Windhoek-streekshof oorgeplaas

Die omstrede voormalige Okahandja-streeksraadslid Steve ‘Biko’ Booys, se saak is vandag van die Okahandja-landdroshof na die Windhoek-streekshof oorgeplaas om op 25 Oktober te begin. Die aanklaer-generaal het besluit om hom te verhoor op een aanklag van verkragting, alternatiewelik bloedskande. Booys is sedert 2 Februarie 2021 in aanhouding en hy bly in aanhouding by die Windhoekse korrektiewe fasiliteit.