Tshwane bestee R143m op opruiming van onwettige stortingsterreine

Nes in Namibië het Suid-Afrika ook uitdagings met onwettige stortingsterreine maar, die skaal is natuurlik groter. Die Stad Tshwane sê onwettige storting bly ‘n voortdurende probleem met negatiewe finansiële uitwerkings vir die stad. Die stad het in die afgelope boekjaar 143,6 miljoen Suid-Afrikaanse rand bestee om onwettige stortingsterreine skoon te maak. Die burgemeesterskomiteelid vir Omgewings- en Landboubestuur, Katlego Mathebe, sê Tshwane verwyder elke jaar duisende ton afval vanaf onwettige stortingsterreine: