Vier veldbrande vanmiddag aangemeld

Veldbrande kom weer vandag voor met vier brande wat aangemeld is. Op Araob, ongeveer 170 kilometer suid-oos van Keetmanshoop brand twee plase op die oomblik en die omvang moet nog bepaal word. Boere in die gebied is gemaan om op ‘n gereedheidsgrondslag te wees. Intussen brand dit ook weer tussen Windhoek en Rehoboth op die C26 en daar het ook ‘n weerligstraal ‘n boom ongeveer 20 kilometer voor Kalkrand getref en die veld het aan die brand geslaan. In die noorde, so 20 kilometer naby Kalkveld vanaf Otjiwarongo, brand ‘n vragmotor langs die pad. Boere in die gebied is ook gewaarsku om op die uitkyk te wees en voorsorg te tref.