Leeus se begin vyftiental aangepas vir môre

Die Leeus se afrigter, Ivan van Rooyen, het net twee veranderings aan sy begin-vyftiental aangebring vir môre se Verenigde Rugby-kampioenskapswedstryd teen die Glasgow Warriors in Johannesburg. Dit volg nadat die span verlede naweek teen Ulster verloor het. Die jong Jordan Hendrikse, broer van die Springbok-skrumskakel Jaden, gaan op losskakel begin, met Gianni Lombard wat bank toe skuif, terwyl PJ Botha vir Jaco Visagie op haker vervang. Hulpafrigter Ricardo Loubscher sê dit is belangrik om goed te begin: