Tschwane se CCTV-kameras kan nie herstel word

Die stad Tshwane het erken dat hy as gevolg van finansiële probleme nie gevandaliseerde kringtelevisiekameras kan herstel nie. Daar was na berigte ‘n aantal voertuigdiefstalle in die metro as gevolg van die beskadigde kameras. Die polisie sê hulle het ook ‘n kommerwekkende toename in gevalle van breek-en-gryp opgemerk. ‘n Woordvoerder Augustinah Selepe sê die beeldmateriaal van kringtelevisiekameras help om misdadigers spoedig uit te ken en aan te keer.