Katima word ashoop

Inwoners van Katima Mulilo het reeds vantevore klagtes by Kosmos 94.1 Nuus gemaak oor afvalbestuur en rommel op die dorp. Daar was ook talle klagtes oor brande by die vullishoop wat rook oor die dorp laat hang het. Die dorp het vir ‘n kort tydjie die stortingsterrein by Bukalo, gebruik maar dit is nou vir Katima Mulilo gesluit omdat die kapasiteit van die terrein nie ook die dorp se rommel kan hanteer nie. Intussen is ‘n ander stortingsterrein in die industriële gebied aan die begin van Mei ook deur omgewingsowerhede gesluit en daar word berig dat rommel eenvoudig ophoop in die strate. ‘n Gemeenskapsaktivis, Dave Harvey het aan plaaslike media gesê die dorpsraad tel nie die rommel op nie en daar is nêrens om enige vullis te strooi nie.